
smeekbede vir uitkoms (BRONS)
smeekbede vir uitkoms
Namibië was onder die verskriklike druk
van droogte … erg erge ergste! droogte
mense op hul knieë smeek en soebat
beloftes word gemaak – geloof die kruk
uithouvermoë word gedryf tot ʼn hoogte
asseblief Vader kom maak ons land nat
groot dankbaarheid vir baie dele
wat in oorvloed geseën is met laafnis
dorre woestyn landskap verkleur groen
kyk jy om jou heen is dit nog nie die hele
Namibië wat verligting gekry het gewis
daar is mense wat niks meer kan doen
terwyl ons virus-gebede tot Hom rig
smeek hul vir uitkoms – vir reën
Vader asseblief moet hul nie vergeet
U wat uitkoms gee dienooreenkomstig
Vader asseblief kom U met hul seën
U wat in U troue liefde die beste tyd weet …
©Marlene Erasmus
3 Kommentare
-
Koos Elsum
Ja suster ek voel die nood en die vrees. Dit is mooi hoe jy die mens se nood teen God se partykeer vreemde tyd berekening plaas. Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek