Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

smeekbede vir uitkoms (BRONS)

smeekbede vir uitkoms

Namibië was onder die verskriklike druk
van droogte … erg erge ergste! droogte
mense op hul knieë smeek en soebat
beloftes word gemaak – geloof die kruk
uithouvermoë word gedryf tot ʼn hoogte
asseblief Vader kom maak ons land nat

groot dankbaarheid vir baie dele
wat in oorvloed geseën is met laafnis
dorre woestyn landskap verkleur groen
kyk jy om jou heen is dit nog nie die hele
Namibië wat verligting gekry het gewis
daar is mense wat niks meer kan doen

terwyl ons virus-gebede tot Hom rig
smeek hul vir uitkoms – vir reën
Vader asseblief moet hul nie vergeet
U wat uitkoms gee dienooreenkomstig
Vader asseblief kom U met hul seën
U wat in U troue liefde die beste tyd weet …

©Marlene Erasmus




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed