Die skande aan my hande
met die pantserlaag om my hart weggeskeur
het jy my vlyend ingetrek
in ń doolhof van leuens vasgekeer
in die prisma van ons liefdesfleur
my siel tot naaktheid oopgevlek
met die pantserlaag om my hart weggeskeur
vals motiewe met illusies van liefde verkleur
my hande met skande bevlek
in ń doolhof van leuens vasgekeer
met waarheid wat honger manifesteer
het verlore drome soos onkruid gevrek
met die pantserlaag om my hart weggeskeur
my hartspad het jý met galsteen geteer
my hartstog met afsku deurtrek
in ń doolhof van leuens vasgekeer
soos die valbyl van fabels jou skerp konfronteer
val realiteit opstandig in plek
in ń doolhof van leuens vasgekeer
met die pantserlaag om my hart weggeskeur
20180331/Pendoring Pret/Villanelle digvorm
2 Kommentare
-

Viooltjie
Baie goeie werk, Loretta
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek