Nadat jy weg is
tussen soetdoring en granatebos
het tarentaal se kind ‘n veer gelos
voor die witgekalkte baksteenmuur
naas die oop deur van ‘n leë wolskuur
(êrens in die middel van die droë Karoo
daar waar ‘n mens nog in God moet glo
onder in ‘n laagte waaroor blou lug strek
daar waar lammers van die dors kan vrek)
net toe die son oor die einders loer
– verlate stof oor die stil werf roer
het tarentaal se kind haar veer gelos
tussen soetdoringboom
en granatebos
© Carma Shaw
31 Maart 2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Die prentjies wat jy skep met jou woorde is besonders, vir die tyd wat ek jou gedig lees voel dit of ek weggeneem word. Baie geniet dankie.