Jongste aktiwiteit:

Nadat jy weg is

tussen soetdoring en granatebos
het tarentaal se kind ‘n veer gelos
voor die witgekalkte baksteenmuur
naas die oop deur van ‘n leë wolskuur

(êrens in die middel van die droë Karoo
daar waar ‘n mens nog in God moet glo
onder in ‘n laagte waaroor blou lug strek
daar waar lammers van die dors kan vrek)

net toe die son oor die einders loer
– verlate stof oor die stil werf roer
het tarentaal se kind haar veer gelos
tussen soetdoringboom
en granatebos

© Carma Shaw
31 Maart 2018




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed