Murasies
Jou oë soek myne
tussen skilfer mure
se buitelyne
en vergange ure
van verlate drome,
wyl die son
sy lang vingers
trek oor jou verledes
en tuis maak in die skadu’s
van die hedes.
Skelet jou beeld
teen die skemer hemel
se laaste lig
van mens wees.
Strek jou hartseer blik
oor al die vlaktes
van dit wat was
en kon wees,
word ons deel van jou murasie
se verlore generasie
wat uit sterf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.