Dans van die Dooies
Krale val orals. Hulle was eens elke kleur denkbaar, maar hulle is nou gevlek met bloed.
Mense hou aan sing en waai terwyl die parade verby gaan, salig onbewus van wat werklik aan die gang is. Die alkohol wat hulle so gulsig afsluk is nie van hulle wêreld nie… en keer hulle om te sien hoe die lewe getrek word uit elkeen wat aan die krale raak.
Kay hou aan dans. Sy weet as sy eers ophou, sy deel sal word van die tallose dooies.
Dans was nog altyd haar passie, haar ontsnap van haar wêreld. Nou is dit haar tronk. Sy hou haar vrees ingehok; haar bewegins word wild soos die musiek wat die Feë speel haar ‘n tweede asem gee en sy vergeet van alles behalwe dans.
Sy’t nog altyd gewens sy kan vir die koninklikes dans. Sy’s nooit gedink dat as sy vir die Donker Koning dans, dit die einde van haar sal wees nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.