Pappa kind
In die takke van onsekerheid en die bedekte blare van verlede, sit ek en dink oor jou. Met die son agter die gordyn, en die geskreeu van nagmerrie se stem, wonder ek, hoekom het jy ooit verdwyn? ‘n wind van hoop waai oor my gesig, en die vreugde van ‘n sonstraal breek die wolk se mag. Stilletjies loop glimlag se voete oor hierdie gekraakte lippe van my. So rooi soos ‘n veldbrand, was jou lokke die eerste seën. Jy hardloop nader en sê my naam. ‘n Rots in water, so het my hart gaan sink. My trots en liefde sal jy altyd kan kom vind, want jy my mooiste, bly altyd pappa se kind.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.