
Somergloed
voëls skinder saggies
agter Adam en Eva blaartjies
oor die allermagtige sterrehemel
wat verval in die môrelig
van een kleinster
die son
die oggend lig
verlig, verwarm dan vinnig
tot ń strakke middaggloed
wat alles swart brand
teen middag soek almal
skadu lafenis
oplaas die laatmiddag horison
die bloedrooi is nou ń lougloed
wat net die omvou wat wil
terwyl die voëls skemersprokies vertel
en die sterrehemel stil
die son bed toe dra
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.