Foto
Foto,
N foto is n beeld wat geskep word deur lig.
Jou geliefde staan voor jou met haar beeldskone gesig.
Dit is n oomblik, n laglyn, haar rooi lip wat in die son onder gang skyn.
Gryp die kamera, elektronies is al wat ons vandag besit.
Gryp dadelik daardie tydlose rit na neentien-toeka toe jy haar die eerste keer gewaar. Toe jy dood stil staan en staar.
Net n oomblik van rustig raak. Die lig skyn. Net soos sy, is alles perfek van Bo gemaak.
Staan stil, glimlag, lag hard, he pret, oor n paar jaar is daar een foto al wat jy het.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Besondere beskrywende gedig.