vrolik
mense ontwaak uit diepe slaap
nag se somer hitte lê nog kombers
dan klink bokmakierie se geroep helder
vrolik kondig hy ‘n nuwe dag vol seën aan
donker nag van vrees vir roofdier en slang
vir hom ook verby in die eerstelig strale
soos ook in my oumens oë die vrees
vir ewige nag spoedig sal verdwyn
want die wolke kom met reën
Fanus Strydom
Ek hou van die "kort-lank-kort" patroon....dit werk mooi. Welgedaan.