Jongste aktiwiteit:

vrolik

as die golwe swyg
die fabriek se reuk styg
mense ontwaak uit diepe slaap
nag se somer hitte lê nog kombers
dan klink bokmakierie se geroep helder
vrolik kondig hy ‘n nuwe dag vol seën aan
donker nag van vrees vir roofdier en slang
vir hom ook verby in die eerstelig strale
soos ook in my oumens oë die vrees
vir ewige nag spoedig sal verdwyn
want die wolke kom met reën
reën wat seën saambring
wat harte vrolik maak
nie langer kan swyg

©Teárlach.



2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed