Vlieg is vir die voëls
Hier, waar varings soms nog welig groei,
die son so rooi bo die ooskrans bloei –
staan sý met die donker oë en kyk
hoe duiwe vér oor die dale wyk.
Toe dink sy só; “was ek ‘n duif,
het ek saam met die voëls oor die berg geskuif –
na ‘n plek waar sterre in die donker blink,
die maan nog haar lig oor die velde skink.
Na waar wolke pers bo die lentegroen
en die laatherfs hom met die ryp versoen.
Tot waar bloukraanvoëls oor die vlaktes vaal
terwyl winter die lewe uit die geel gras haal.”
© Carma Shaw
2 Augustus 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek