Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek,
treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap
staar ek verdoold na dié vergete plek;
sy soene het my indertyd reeds ontsnap.
Winter het barbaars en hard geskop
met kil krete wat kleefkoggel
soms wou ek die vlaktes in galop,
maar die kosmos het geril en geroggel.
Nou is my hart na herfs hergiet
(in grys skakerings van niks vermom)
want geen seisoen is kwytgeskel van verdriet, en
selfs die koudste liefde smag na ‘n lengtevlam om te blom.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek