Jongste aktiwiteit:

Afskeid Spook…

Elke keer bekruip jy my… ongevraagd,
los jy jou spinnerak asem in my nek
en koggel my normaal tot gek.

Ek hou nie van jou nie, want jy’s skelm.

In woorde vergoed maar in my hart bly ek boet,
skim jy deur my gedagtes tot ou goed,
tierlantyn tot ou vergeel in jou kiekie vloek…

Verlaat jy die hede, van gister tot môre
en los my met die stof van herinnering
wat jou afskeid bring…

Ek hou nie van “goodbye’s” of sien jou weer,
dit boemerang elke keer,
hetsy in vergeet of ses voet van nie meer…

Nou verstaan jy meneer…

Sê eerder gegroet tot weersiens
as vaarwel, “my dear”, totsiens…




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed