Voor die donker kom
Hellingstraat se mense
kyk oor heinings en die
duiwe op die skool se dak –
(verby lamppale en telefoondrade)
na waar die son in die verte sak.
Skemeraand se tarentale
is vir oulaas nog aan’t wei, alsó
tripp’lend met die lou pad langs
– nege voëls –
in ‘n skuins, gebroke ry.
Teen die bult, daar sit die dromers
op hul stoepe en verlang
– sawens –
as die blou lug bloos, bo
die purper berg se hang.
Maar sý
wat deur die tralies staar,
verban die hart se vuur
– met dofblink oë (op haar hoë balkon) –
in die gloed van die avonduur.
© Carma Shaw
4 November 2016
5 Kommentare
-
neels
beslis n nuwe aanslag wat alle lof verdien Carma
-
Palet
Hou hiervan
-
Kiekies
Hmmmm ja ek hou baie hiervan!! Herinner aan Lisa van 'Lisa se klavier'
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
"n Nuwe aanslag? Welgedaan!