
Veins
Veins
Mens is dikwels sommer net hartseer
sommer net baie bedroef en jy vra
oor wie,
oor wat,
hoekom?
Dis ‘n potpourri van al die
hartseer en vreugdes saamgegooi
in een mengelmoes brousel,
sommige werklik, ander vaagweg
in die verre verlede, en sagte stemme
roep onthou jy my nog, onthou jy regtig?
Soos die harlekyn veins ek maar die glimlag
en poseer soos ‘n model voor al die oë
wat nes kameralense op jou gerig is
en verberg die rou hartseer en trane
diep, diep binne die donker geheime
kelders van die hart, vanwaar dit soms
so onverhoeds opborrel soos uit ‘n krater
magmapoel en ‘n warm sout lawatraan
oor die wang laat biggel—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.