Jongste aktiwiteit:

Ek Soek Vreugde

Ek Soek Vreugde
(Deut 12:18 en 16:11 en jy moet vrolik wees voor die aangesig
van die Here jou God, oor alles wat jy jou hand aan slaan)

Ek is so moeg vir al die daaglikse ellende
van dwelmverslaafdheid,
huweliksontrouheid, en al
die hartseer afskeid, siekte en dood
dag, vir dag, vir dag, vir dag- – –
Ek soek ‘n slag vreugde,
vreugde, en nogmaals vreugde
in die geskrifte en daaglikse omgang- – –
Die lag is dood,
vreugde terminaal,
bedruk onder uitsiglose gekla en gejammer
maar iewers moet daar vir elkeen nog
redes wees vir blymoedige vreugde en lag – – –
Wees maar net vrolik, het die Here vir die Israeliete
‘n paar keer in die woestyn gesê, en daar was maar
min in die woestyn om oor vrolik te voel!
O, om weer die sorgelose vreugde van ‘n kind te hê!

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

  • Viooltjie

    Goed geskryf hier, Janetta. Ek hoor vanoggend op die radio, dat alhoewel dit vir ons voel of dinge in die wêreld al moeiliker en gevaarlik word, ons eintlik nou in die heel veiligste tye ooit leef. :-) Dis 'n goeie idee om soms maar net 'n bietjie vrolik te wees, dink ek

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed