Jongste aktiwiteit:

Hy het sy maat gevind

Hy het sy maat gevind – – –

Dis volmaan en
kort kort vlieg die
donker skaduwee
van ‘n uil voor die helder
maanskyn verby en skielik
swiep ‘n vlermuis geluidloos
neer op ‘n fladderende mot
Jy gril,
en trek die kombers instinktief
onrustig stywer om die skouers
en ril
by die veraf huil van ‘n eensame
jakkals se roep na sy maat wat eggo in
jou eie hart en in simpatie bonsend klop
as jy soekend tas na die leemte langs jou
maar jou stille roep bereik nie die anderkant- – –
Die Jakkals se huil het verstil
hy het sy maat gevind – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Marlene Erasmus het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak