Droombeelde van jou
Wanneer ek terugstap
op die strand van herinnering
in sproei wat opwaai
oor klip en sand
Breek ‘n brander
oor skemer strand
brand gister se onthou
teer in my gemoed
Jy staan in die seewater
en ek voel soos die rotse
langs jou drome
ligvoet in vlug
Sluipend
geluidloos
tot dit wegsmelt
in die duister
van die nag
4 Kommentare
-
-

neels
soos altyd treffend
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Bravo!!! Dis pragtig.