My Lentehart
My Lentehart
Fisies verouder ek wel maar
ek het ‘n tydlose lentehart wat
nooit verouder nie en steeds
verlustig ek my in die skoonheid van
die natuur, van woord en lied, en ek
groet elke rosige sonopkoms met vreugde
Elke kleurvolle sonsondergang hou vir my
die belofte van ‘n nuutgebore dag in, en
as die son soggens deur die oostergloor breek
juig my jong lentehart dankbaar en nederig oor
nog ‘n dag vol geleenthede en vars lentegroei
vry van tyd se fisiese veroudering
forever young – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.