Jongste aktiwiteit:

Staan blootshoof ʼn leuen….

Ek het vir jou gevra, hoe seker is jy?
Jy het gesê, die verlede is verby
Sag slaak ek ʼn sug van verligting en raak weer bly
maar deur die stralende son
staan blootshoof ʼn leuen….

Myle het ek gery, voet in die hoek
die spietkop gil en bande rol voort
gedagtes strek ver, verder weg van jou
bring kilometers my op die klok
Bok jy het gejok….

Wat het jou besiel, jou hart wat ken
die gebrokenheid die smart en pyn
Om die opregte, na ʼn droë put te lei
deur sandmis rooi, in die woestyn
staan blootshoof ʼn leuen….

Teleurstellings groot, ʼn siel wolkig gelaat.
Toonsetting pynlik deur digter’s klank
Afgedruk in woorde, die seer in tonne geweeg.
Uitgebloei deur ink op Pappier
Tot n volgende keer….

©MarietaCalitz[LadySoul]




7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed