
Op Sy Kop Gekeer
Op Sy Kop Gekeer
Ek verstaan nou gladnie
ons huidige regstelsel nie want
dit straf nou die onskuldiges en
dis ver verwyder van die hoogstaande
Romeins Hollandse reg want die klomp
diewe en rowers het blykbaar meer
menseregte en loop losrond buite en
ons sit ironies agter agter tralies verskans
en tree jy op in selfverdediging is jy die boef—
Ons sit agter hoë mure en tralies met ons
mooi versorgde tuine onbenut en braai
gedwee maar binnenshuis dis baie veiliger
want buite is die kansafwagtende aasvoëls—
It’s a very strange world we live in master Jack!
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.