Johannes, Jani’s – Jani’s (Silwer)
(Ode aan Johannes Kerkorrel)
jou Hillbrow se hart lê gestrooi
jou ouman se plekkie is leeg
sy voetspore stof nie meer nie
en daar waar Fontana se hart geklop het
is twee staaldeure met ʼn ander naam
ʼn ander hart
Chelsea Hotel…Taxi’s staan ingeryg
flenters – plakkers, gemors
jy het vir Hillbrow gesing
jou hart vir Hillbrow gegee
maar jy’t gegaan
en Hillbrow het vergaan
© Cornien Naudé
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.