Pluk vir my ‘n volmaan (silwer)
Pluk vir my ‘n volmaan as dit son stil verdwyn en die maan verskyn; pluk hom voor hy verder gaan, wegdryf op sy wentelbaan – laat die maanlig helder skyn waar ons saam teug aan ‘n glasie wyn en tyd vir die oomblik stil gaan staan.
Lief soos die Kaap (silwer)
Goud met rooi-oranjeskroei breek die lenteson oor die mooiste Kaap bloesend verfris ontwaak sy uit haar winterslaap ongestoord, in purper maanhaar tuur Leeukop oor die diepblou see op Duiwelspiek pak ‘n engel ‘n spierwit miskombersie in ‘n mandjie net vir twee Tafelberg lê keurig gedek in skakerings van immergroen jou lippe naby myne bedel woordeloos […]
wonder
die winkende sonstrale skeur sag deur miswolke suid-ooster dryf die mis in skifte van gordyne voor vae sig verby swewende gedagtes wat ver in verlede delf bring my by jou gesig lewe jy ooit nog of is jy alreeds tuis met bewerige treë skuifel my bene aan krag lank reeds getem soepelheid […]
Hoe ervaar jy herfs?
Die oomblik wanneer herfs aan ons deur kom klop begin die aarde met transformasie. In die sonnet “Vroegherfs” deur NP van Wyk Louw gebruik hy die beeld van die jaar wat ryp word in goue akkerblare. Watter pragtige beeld roep hierdie woorde nie by my op nie? Kom laat ons bietjie verder kyk na die […]
VERGIFNIS 1805 WOORDE
Swiep-swiep-swiep suis duiwevlerke saggies, hoog bo sy kop. Soos ‘n enkele organisme rek en krimp, maal en beur hulle weer al hoër, net om skielik weer te duik en swiep. Frikkie Basson staan wydsbeen op sy netjiese grasperk, hande agter sy heupe. Hy balanseer onbewustelik sy boepens deur sy rug agteroor te krom. Sy […]
My skemerstoep (silwer)
Hier sit ek tussen binne en buite tussen son en maan tussen insig en uitsig tussen gemak en avontuur tussen plig en dogma daar’s net iets aan ‘n stoep wat die lewe weer aanmekaar plak sy hoekies rond maak en die dag se las versag wat die kors van tyd afskil vervloë emosies tydsaam inkatrol […]
toekoms van die verlede (silwer)
toekoms van die verlede met troffel en kwas het ek my woorde strata-strata oopgevee opgegrawe ontbloot gebeitel uit sandsteen en sediment met skoppe en skudskerms bros gebeentes uitgesif gesoek na skinderstories en staaltjies geheime toegespoel onder lae van leef en leed gefossileerde fragmente afgestof vir nog ’n goue renoster (soos die een van Mapungubwe) maar […]
Toe nie heeltemal so gek nie
(Woordtelling : 1092) Die lewe is verseker nie ʼn maklike reis nie, al kan dit nogal interessant wees. Die tuimel trein se harnas word met geboorte vasgemaak en daar gaat jy! Nou moet jy maar net klou deur al die op-en-af gebeurtenisse en hoop dat jy nie in die proses jou uhm, tande verloor […]
TREK JOU KRUISIE
Woensdag 29 Mei 2024 is ‘n belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is wanneer ons as burgerlikes in Suid-Afrika die geleentheid kry om vir ‘n politieke party te stem wat in ons beskeie opinies ‘n verskil in mense lewens sowel as ons land sal maak. Wat het verander vanaf 1994, is daar plek […]
Die gegons oor bye.
Die gegons oor bye. In 2014 het Slowenië met ’n briljante idee te voorskyn gekom. Hulle het ’n idee voorgelê aan die Verenigde Nasies (VN) om jaarliks ’n Wêreld Byedag te vier op 20 Mei. Aanvanklik het daar niks van hierdie voorstel gekom nie, maar in 2017 het die VN die voorstel goedgekeur. Van toe […]