Jongste aktiwiteit:

Bloeisels vir Cindy

Donkerblou wolke pak saam, dit begin liggies te drup. Cindy stop in die parkeerarea en klim uit haar motor uit. Sy kyk in die blou lug in en voel die fyn druppels op haar mooi gesig val. Swaar reën is oppad en sy moet vinnig by die koffiewinkel in stap sodat haar mooi gekamde hare nie hang van die reën nie. Sy voel goed en weet dat reën bring altyd goeie geluk. Sy ruik die wingerd se soet reuk in. Dis so mooi hier op hierdie wynplaas en sy is in haar skik dat sy hierdie koffiekroeg gekies het.
Cindy het haar mooiste katoen winters rok aan met die geborduurde blomme op die kraag. Leer stewels en belt. ñ Serp en haar donkerbruin jas. Dit raak nou koel voor Junie maand, die somer is lank reeds verby. Sy het nog heeltyd die dae afgetel maar vandag het sy op gehou tel want sy het besef dat dit nie meer die moeite werd is om van mense so te vergeet nie. Sy neem nou elke dag soos dit kom sonder om te hard te dink aan dinge wat haar seer gemaak het. Nadat haar man so tragies die lewe verlaat het moes sy op een of ander manier weer sin van die lewe maak.
Sy gryp haar leer handsak van die motor se sitplek en gooi hom oor haar skouer. Haar hare blink mooi en is vasgemaak in ñ lang poniestert.
Net toe sy by die koffiewinkel van die wynplaas wil instap voel sy bewerig. Die bekende gevoel van hoe sy haar ontmoeting vandag oor en oor in haar kop al vir die tiende keer afspeel. Maar ou herinneringe vang haar toe omkant. Sy haal diep asem en ontspan. Sy stap voort en toe ruik sy die geur van Lila bloeisels by die ingangsportaal, toe voel sy tuis. Sy lug haar kop op en daar sien sy hom by die tafel in die hoek en hy glimlag vir haar.
Alles om haar raak stil. Dit voel soos ñ stadige reaksie maar vinnig glimlag sy terug. Oopknoop hemde pas hom dink sy vinnig. Hy lyk goed. Sy stap nader tot by hom. Niks het verander nie, sy voel nog net so verlief op hom van die eerste keer wat sy hom gesien het. Haar eerste liefde staan nou voor haar na baie jare wat hul mekaar nie gesien het nie. Toe druk hy haar styf vas teen hom. Hulle groet en gaan sit. Hulle kyk lank na mekaar en sê niks. Sy haal haar serp af en gooi hom saam haar leer handsak agter om haar stoel se leuning.
“Dankie dat jy tyd kon afknyp om my te sien,” sê Cindy met ñ glimlag.
Hy glimlag vir haar en knik. Die kelnerin sluit by hulle aan en neem hul koffie bestelling. Die koffie reuk hang in die lug. Cindy trek nou haar jas ook gou uit, dit raak nou warm in die koffiewinkel.
“Hoe lank ken ons mekaar nou al, ek dink dit is ñ hele paar jaar? Ek wag nou nog vir jou oproep,” sê Cindy en trek sy hand na haar kant toe om hom te terg.
“Ja, jy is reg. Ek is so jammer Cindy maar dit was vir my ñ tawwe paar jaar wat verby is,” sê hy en kyk af.
“Jy is vergewe!” Sy kyk lank na hom en vra: “Het jy dalk ñ idee hoekom ek jou vir koffie genooi het?”
Voor hy kon antwoord sit die kelnerin hul koffie op die tafel. Toe praat Cindy weer.
“Eers het ek besluit om jou nie te vertel nie maar ek was bang dat as jy ooit sou uitvind wat met my lewe aangaan en ek jou nie vertel nie sal jy kwaad vir my gewees het,” sê Cindy hartseer.
Sy drink ñ slukkie van haar koffie en wag vir hom om iets te sê.
Brett weet glad nie wat om te sê nie want spyt raak nou aan hom.
“Ek is jammer Cindy, vertel my sodat ek kan verstaan wat aangaan.”
Sy haal diep asem en sê kortaf: “Brett, ek is al vir twee jaar lank al ñ weduwee!”
Hy sit sy koppie koffie neer en kyk na haar so asof hy nie kan glo wat sy nou net vir hom gesê het nie. Hy sit agteroor en wil nou sin maak van wat hy nou gehoor het. Sy gedagtes is ewe skielik nou baie deurmekaar. Hoe het dit gebeur dat sy hom nie gesê het nie. Hy voel kwaad.
“Ek verstaan as jy omgekrap is hieroor. Ek het nog altyd jou vriendskap nodig gehad en wil jou nie as ñ goeie vriend verloor nie. Die paar kere wat ons kontak gemaak het was lekker, alhoewel ek nooit niks van jou gehoor het nie die laaste paar jaar nie sal dit lekker wees as jy kom kuier,” sê Cindy maar sien dat hy sê niks soos gewoonlik.
Sy staan toe op en weet dat sy die bal nou in sy hande los om te besluit wat hy wil doen. Sal sy hom weer sien of gaan hy vir ewig nou verdwyn maar hy staan saam haar op, loop om die tafeltjie en hou haar saggies aan haar arm vas.
“Waarheen gaan jy so vinnig?” vra hy.
Sy kyk hom lank in sy oë en kan nie glo dat hy haar nie wil laat gaan nie. Dit was altyd sy wat hom nie kon laat gaan het nie. Sy was jonk en onskuldig gewees. Sy sien hy weet nie wat om te sê nie maar die gevoel wat sy kry is moenie haar laat gaan nie anders verloor jy haar weer.
“Moenie gaan nie, bly nog so ruk. Daar het te veel tyd verby gegaan en dit is nou verlore. Ek weet jy dink ek sou kwaad wees maar ek dink ek is eintlik verlig, ek meen verlig in die sin dat ek kan jou nou sien net wanneer ek wil,” sê hy.
Hy voel sleg omdat hy haar so afgeskeep het en haar nie kon bystaan in haar donker tyd nie. Hy voel skuldig want hy het haar vir soveel jare probeer vergeet en haar uit sy lewe uit gestoot en kyk nou. Wat het hy daardeur bereik? Hy moes sy liefde vir haar weg stoot op een of ander manier.
Sy druk sy hand en sê: “Jy sal maar moet kom kuier.”
Cindy het nog altyd geweet wat ware liefde beteken en geweet wat haar plek in die lewe was met Brett. Sy moes weg breek van negatiewe gedagtes en sy het lankal op hou soek vir nog meer negatiwiteit. Sy verstaan alles nou positief vir die toekoms.
“Ek moet gaan werk,” sê sy en gee hom ñ druk. Hy soen haar op haar voorkop maar is in ñ dwaal. Brett sug hard en hy trek sy warm jas aan. Hy betaal die kelnerin en stap agter haar aan tot by haar motor.
“Ek sal jou weer sien,” sê Brett vinnig.
Cindy voel nie goed oor sy woorde nie want sy weet dat sy hom nie weer sal sien nie. Hulle groet en sy klim in haar motor en ry weg. Sy kyk in haar spieëltjie terug na hom waar hy nog na haar staar. Toe probeer sy van hul ontmoeting vergeet. Die reën sak toe en sy voel baie mismoedig dat hy niks omgee nie. Wat het sy verwag, dat hy op sy knieë voor haar gaan neerval en haar aanbid vir haar vriendskap? Brett is nou al so lank alleen en sy wonder of hy ooit regtig lief was vir haar al daai jare lank terug. Sy skud maar net haar kop want nou het sy ander dinge om aan te dink. Sy moet gaan werk, dit is amper naweek.
Vandag is Saterdag en wat ñ heerlike sonskyn dag. Die reën is weg. Cindy loer by die kamervenster uit en sien druppels vol sonskyn soentjies teen die venster hang. Die huis is stil en sy hou daarvan.
Sy het aan Brett gedink maar ñ ‘girl’ kan ook maar net soveel doen om haar vriend se vriendskap terug te kry. Sy sug hard en net voor sy haar laatste slukkie koffie wil drink, lui haar selfoon. Sy loer vinnig op haar wekker langs die bed en sien dis net na agt uur. Sy antwoord en toe klop haar hart vinnig.
Hulle groet.
“Ek kon jou gisteraand glad nie uit my gedagtes kry nie. Ons het so baie om oor te gesels. So staan jou aanbod nog om by jou te kom kuier?” vra Brett.
Cindy bly so rukkie stil en dink dat haar besluit kan dalk heel moontlik haar lewe verander. Sy dink aan gister se ontmoeting en miskien het sy, sy lyftaal heel te mal verkeerd gelees. Miskien het sy wel ñ saadjie geplant wat Lila blomme eendag sal dra? Sy het vir haarself ñ nuwe lewe so pas begin. Hoe het haar ma altyd gesê dat ñ goeie begin is half gewin. En net daar besluit sy dat sy gaan die kans neem want wat het sy om te verloor. Niks nie, dit sal net ñ goeie begin wees wat sy eintlik al jare terug al halfpad gewin het.
“Net na vyf vandag dan neem ek jou sommer uit?”
“Uit, waarheen?” vra sy.
“Uit, op ons heel eerste aand uit,” sê hy en lag.
Cindy lag saam en sy kon nie glo dat hy nog na alles so oor haar voel nie, hulle heel eerste ‘date’. Sy mis hom so baie en wil hom so graag weer sien.
“Sien jou dan, kan nie wag nie!” sê Cindy en glimlag.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed