Toe jy knus hier wás – Eduard Smith
Middelweek breek bleek,
laatwintergreep verwelk
soos toe sy aanvanklik
die lewe in ryp kom steel het –
nou weet ek nie waarom
die laatheid van die koue-seisoen
my aan jou laat dink nie?
Is dit die potensiaal
of die onbekende
van veranderlikheid;
is dit jou weggaan
óf die kilheid van jou leë spasies,
die woordlose stlite
om ‘n steeds gedekte tafel
en die verweerde tandeborsel
wat jou glimlag in my skeerspieël is?
Ek wil tog dink, dis nié die verlange nié
maar eerder dat die koue my keer op keer
laat dink hoe knus dit was
toe jy seisoene lank wel hier vertoef het.
©Eduard Smith
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Lekker om jou raak te lees Eduard! Puik stukkie digkuns wat jy hier vasgepen het