wie woon in desperaat
tussen desperaat en sit en droom op my duin is daar wye velde van fynbos op desperaat rus niemand meer daar is elke oomblik hartseer en pyn op my duin hoor ek net daarvan en voel wanneer die hartseer nader aan my vel kom duisende mense woon reeds in desperaat dit is ‘n metropool wat […]
Soos mis
Hoe kan jy my kwansuis maak glo dat liefde oneindig is? Netsoos die uitspansel daarbo; eindeloos en grensloos (soms roekeloos) soos die loop van die suidoos Tot teenaan my hart se deur jaag jy die son en die maan met blink beloftes agterna, ’n magdom sterre in kardoese word ook hoopvol aangedra Maanskyn en rose […]
Blou
Blou dis bietjies blou wat waardes lyn in bitter grou en grensloos pyn kwansuis gedink met durf en daad in eie krag kan mens oorwin kan mens vermag maar soet onthou angel donker venyn dis diepsee blou waar son moes skyn kwansuis vertrou die hemel is wyd geluk sal bloei soos mens besluit gebreek in […]
SOMMER NET DIE GHWARRIEGATQUEEN
SOMMER NET DIE GHWARRIEGATQUEEN Ek’s al van vroegdag af al hier op my eie persoonlike Ghwarriegat – het gesien hoe die son sy strydwa van vuur en lig inspan vir sy kruistog deur die hemelruim. Kom nader en sit vir ‘n wyle – just an eternity a while – hier by my; toe. Die ketel […]
winter wind
wind-verlore suis dit sag tergende skeur geluide wat strek suiende lugstrome wat hitte verwelk na vriesende strepe koue lug wat krimp winter is nie vir oumens se bene nie rek en strek waar nie meer kan trek stofstrepe oor teerpad bring tolbosse in nuwe rat kapsels in ystervark styl maak omdraai traag eensame gesuis wat […]
met eer aan: Bibi Slippers
kanarie-geel vlieg jy my gedagtes binne elke woord poësie op sy eie boeiend soos jou geliefde “xerox”: lees ek: weer en weer oor en oor jou gefotostateerde foto in die binneblad kyk my stip in die oë aangenamekennis jou skepping is… (gebrek aan voldoende woorde) bekoorlik en ontlok in my ‘n euforiese bewondering
Kardoesie se transformasie
KARDOESIE se transformasie “Kardoesie! Kardoesie, my lief!” Madelein gooi die vadoek ergelik langs die wasbak neer en staan vir ‘n oomblik kop onderste bo voor sy hardop sug, haar kop optel, omdraai en vir die soveelste keer daardie dag gang af stap kamer toe. “Wat is dit nou weer Gert-Jan?” “Ag my ou vroutjie, ek […]
Kettie Vark se jaar
Swart is die aarde, wit is die maan. Hier kom Kettie die vark op sy rooi fiets aan. Hy is gewapen met kettie en klip en skiet vir Doeks dat sy boepens so wip. “Hierts Kettie, kyk waar jy ry!” gil skaap. Hy jaag soos die wind. Skaap het rustig langs die dammetjie gestaan en […]
Die lekker lewe
Ek bring vir jou presentjies in kardoesies van papier samoesas uit die bo-kaap se ou Slamaierwinkel (daardie een van Leipoldt waar dit so lekker kon rintinkel). Ek koop vir jou koeksisters by Saterdag se kerkbasaar (met die soetste, soetste suikerstroop wat teen jou ken afloop) ek bring dit in ‘n bruin kardoes want dit verdryf […]
Golgota Fokus
die rafels van jou stukkende gees het krapmerke gelaat in my eie vrees vars gestolde bloed etter uit jou pyn en selfsugtig draai ons weg in skyn die uitroep van jou oë was jou vertoëe die aanklaer van ons selfsugtige bestaan laat U wil geskied, ‘n gebed selfvoldaan wat het geword van sielsliefde? eerder daardie […]