Golgota Fokus
die rafels van jou stukkende gees
het krapmerke gelaat in my eie vrees
vars gestolde bloed etter uit jou pyn
en selfsugtig draai ons weg in skyn
die uitroep van jou oë
was jou vertoëe
die aanklaer van ons selfsugtige bestaan
laat U wil geskied, ‘n gebed selfvoldaan
wat het geword van sielsliefde?
eerder daardie hoekie naasteliefde?
ons skop teen die prikkels
verraad vir hoeveel sikkels?
basta met die silwer en goud
jy ís met die evangelie balsem vertroud!
oorgewig in geestelike waarhede
blind vir siele sonde smart in die hede
miskien moet Ussia ook eers sterf
dat ons soos Jesaja ‘n nuwe visie erf!
die rafels van jou en my stukkende gees
het prysbetalende merke gelos in Sy vlees!
©Francois Meyer 2019
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Wow Francois! Stof tot nadenke. Baie goed gepen. x