seer
so teer as my liefde vir die see
so teer is my liefde vir my kinders
my duin is die versamelpunt daarvan
gedagtes , woorde en werke uitgeleef
met die eb en vloei van die oseaan
beweeg my gees heen en weer
oor jare van lewe en strewe
die seer van afskeid neem
die hartseer van geluk
die seer van onseker
die seer van ouderdom
so seer as wat dit kan wees
is dit soet in die wete
dat dit lewe is
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.