die profeet
op sy voorkop is daar ‘n naam
maar niemand kan dit lees nie
sy klere hang nat van die bloed
om hom trek skare soldate saam
spierwit perd het vurige maanhare
miljoene soldate is almal wit geklee
hy kom om te vergeld al sy kinders
wat verguis was in ongeregtigheid
soos ‘n vurige wind deur die land
verbrand en vernietig hulle alles
wat ongeregtigheid gebring het
uit sy mond word oordeel gespel
al sy kinders wat nog in lewe is
trek saam en word sy soldate
dra sy wit vlag van geregtigheid
loop riviere van bloed daaragter
hy bring dood en vergelding
aan almal wat hom teenstaan
hy bring liefde en beskerming
aan die wat glo en hom lief het
waar sy leër klaar is word wêreld
skoon en rein, kristal helder wit
blink vir mense oë om te sien
daarbinne sal almal hom dien
©Teárlach
(hoe swarter die gal, hoe witter die vlees)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.