Jongste aktiwiteit:

Poetsbakker

“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?”

Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek en…

Hy blaas sy asem stadig uit en bring sy sy gevoelens onder beheer.

“Regtig? En hier het ek gedink dat iemand sou uitvind dat dit een van jou poetse was,” antwoord hy en probeer sy bes om verveeld te klink.

Michael lag.

‘n Mooi meisie met punterige ore bied hulle ‘n skinkbord vol vonkelende drankies aan. Dylan aanvaar een en so-ook die wimple-feetjie. Die ridder grinnik en drink syne. Die grapmaker langs hom het nie eens opgemerk toe sy drankie van groen na blou verander nie.

“Die drankies is nie veronderstel om so te reageer nie…” sê die mooi kelnerin besorgd langs Dylan terwyl hulle kyk na Michael se lawwe optrede onder die klante van die feë-alleenlik klub.

Hy lag lekker soos die poetsbakker bollemakiesie slaan en net in woorde-slaai praat. Die drankie het veroorsaak dat hy deur elke streek wat hy ooit getrek het moes leef. Dylan kon nie wag totdat Michael alles begin sing wat hy wou sê nie – net soos hy eers ure vroeër moes.

“Moenie bekommerd wees nie. Hy’s net ‘n bietjie mal.”

##
*Tema: Kardoes
*Volgens HAT: kardoes = rumoerige groep, skorriemorrie, rowerbende.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed