eenkant
– segregasie vanself selfs op my duin is daar “pecking order” van soort groter seevoëls stoot kleiner soorte eenkant om eerste te eet soort bly by soort en verbaster nooit nog nooit ‘n kraai gesien wat met meeu as vrou oor die see sweef of in palms kraak so draai my gedagtes by diep segregasie […]
erosie! (Brons)
ek kap en kap met my woordbeiteltjie om die erosie wat my geliefde taal tot besinksel wil reduseer, weg te werk! soms werp ek my beiteljie ongedurig oor my skouer en klim in met my hamer se geniepsige punt ‘wyl my liefde vir my taal versagtend, apologeties witvoetjie soek… *besinksel – afsaksel
hande
– handevol sand gly deur my vingers sagte, los en klam sand skulpies krap effens en seediertjies skarrel – hierdie hande was vol eelte gewees toe jongman spiere was vragte sand en klip gelaai en gegooi huis gebou – die Woord lê sag hande wat respek ken waarde gebring deur vlyt gebare deur gedagtes geskep […]
Kyk diep
Jy is vir my mooi jou menswees, jou hart diep binne my het ek geweet dat ek heeltemal verstrengel aan jou kon raak Om my kop het wit skoenlappers gevlieg en het my bietjie deurmekaar gemaak ek draai toe myself sag in deernis toe sodat ek my nie weer hooploos vasloop teen ‘n muur of […]
Februarie 2021 – Liefdes-projek
Beste INKers So is die eerste maand van die nuwe jaar reeds op sy rug en strek Februarie voor ons uit. Hierdie maand is veronderstel om ‘n oop projek te wees, maar ek het dit goed gedink om die tema van “LIEFDE” as ondertoon voor te stel. Daar is geen vasgestelde regulasies en voorskrifte nie, […]
dis nag
– wanneer donker neerdaal en sonstrale begin verdwaal verskyn skimgesigte oor my duin figure wat dansend aanlê by duister tussen gedruis van golwe en wind laaste meeue se aand geluide oppad na hul slaap plekke wilde eend se geronk oulaas trots pronk dan begin lewe naglewe van uile en muise kiewiet se klanke van geskarrelde […]
Waar lê jou hoop? (BRONS)
Waar lê jou hoop? Dikwels hoor jy: “Ek het ʼn verwagting dat my dogter ʼn bekende model sal word” of “Die resultate het nie aan my oorspronklike verwagting voldoen nie”. Waar lê die oorsprong van die woord: verwagting? Die Latynse woord: exspectatum word vertaal as “beskou” of “gesien” – die hoop, illusie of droom wat […]