
Kyk diep
Jy is vir my mooi
jou menswees, jou hart
diep binne my het ek geweet
dat ek heeltemal verstrengel aan jou kon raak
Om my kop het wit skoenlappers gevlieg
en het my bietjie deurmekaar gemaak
ek draai toe myself sag in deernis toe
sodat ek my nie weer hooploos vasloop
teen ‘n muur of dalk heeltemal verby jou loop
Salig soos soet jasmyn
probeer mens net die mooi in liefde raakkyk
maar net so gou kan dit verbruin-vergeel
dan soek jy weer ‘n ander warm lyf,
om jou drome mee te deel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek