
dis nag
–
wanneer donker neerdaal
en sonstrale begin verdwaal
verskyn skimgesigte oor my duin
figure wat dansend aanlê by duister
tussen gedruis van golwe en wind
laaste meeue se aand geluide
oppad na hul slaap plekke
wilde eend se geronk
oulaas trots pronk
dan begin lewe
naglewe van
uile en muise
kiewiet se klanke
van geskarrelde spore
wat duineveld opkikker
die nag laat lewe kry
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.