Sondag by Augrabies (BRONS)
Sondag by Augrabies
Oordonderend, verruk,
aanskou ek verstom tevrede
die oorvloed stortend na benede.
Maar net voor ek dankbaar wegry
noem iemand terloops teenoor my:
“Die eintlike piek word Woensdag verwag”.
En eensklaps word ek meegesleur
deur die onvergenoegde gesmag
na daardie ietsietjie meer
wat ons alewig begeer.
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek