Alexanderbaai (BRONS)
Alexanderbaai
tuis bly verwagtinge
bekend
maar beperk
jy weet gewis
dat die see
soutblou is
***
sou jy die uithoek
van jou wêreld
se grens besoek
vind jy golwe wat Oranje bruis
seewater sonder sout
woestynvervlegde vleiland
flaminke op die strand
‘n verlate diamant
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek