
amnestie
–
om aansoek te doen
en te betaal om jou eiendom
aan die staat oor te gee
is aan die orde van
die dag
–
nuwe betekenis vir die woord
voorheen het misdadigers daarvoor
aansoek gedoen en van president
met spesiale geleenthede gekry
met die klem op misdaad
–
daagliks gaan gee dom skape
swaarverdiende wol in by die staat
die wol wat hulle in die winter
veilig en warm moet kan hou
waarvoor hul betaal het
–
hoeveel woorde is daar
soos hierdie woord amnestie
wat anders interpreteer word
as wat die oorspronklike was
iets soos gewete dalk
–
sal die skape aanhou daarmee
om kop-in-die-sand te bly voortgaan
om maar net te aanvaar – te gee
alles af te gee wat hul eie is
of is daar ‘n lyn in die sand
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.