Verdor verstar in tyd
‘n Bergwind waai woestynsand oor die kus
hy waai vorentoe en agtertoe
oor golwe, oor skulpies en rotse
waar dit gety in die dieptes, van onopgelos
Swerf deur tyd wat bepaal
van elke mens se bestaan
wat jy dalk nie nou sal verstaan
van waarheen jy moet gaan
Die gejaag wat alles vervaag
‘n geraas uit die donker se grou
en terwyl jy na die duister staar
voel jy bang, bevrees vir die lewe se knou
Soveel mense kan net nie meer…
en almal bloei in die stilte
woorde wat in ‘n droë sloot verstil
soekend verlang na net weer iets moois
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek