
Julie 2022 Kommentaar en uitslae – Wat skryf ek projek
Baie geluk aan hierdie 12 lede!
Lees die wen inskrywings hier: Projekwenners
DIGTERS
GOUD
NO 7 Anzé Bezuidenhout met Die Lente kom
NO 8 Anzé Bezuidenhout met Misterieuse
NO 16 Caren Kearley met vergeef om te vergeet
SILWER
NO 26 Amanda De Meillon met Uit die as
NO 27 Elmarie Nienaber Van Kampen met die bome brand
NO 15 Marlene Erasmus met die ander soort moord
BRONS
NO 4 Elize Kruger met Hoëveldgedagtes
NO 6 Hester Steenkamp met sonneblom
NO 23 Elize Kruger met storm
MENINGSTUK
NO 4 Marlene Erasmus met NEE! Vir ‘n nuwe naam
NO 3 Hester Steenkamp met Eenheid in verskeidenheid
NO 1 Driekie Grobler met Laat logika seëvier
RUBRIEKE
NO 1 Driekie Grobler met My taal – my trots
NO 3 Ano met Lekker bredie en dik snye boerbrood
GEEN
ARTIKELS
NO 2 Marlene Erasmus met Die geveg vir moedertaalonderrig
NO 1 Driekie Grobler met Kampvegters vir Afrikaans
GEEN
VERHALE
NO 2 Riaan Palmer met Verskrikking van Juffrou Groffen-van Molendolf
NO 1 Marianne Fourie met Geduld, o Geduld
GEEN
KOMMENTAAR
Gedigte
Brons
4. Hoëveldgedagtes
Jy het hierdie versvorm bemeester. Jy het met sorg omgegaan met die inhoud en ‘n treffer geskryf. Welgedaan.
6. sonneblom
Jy het die opdrag verstaan. Die binnerym maak op vir die verkose endrym (aaba). Die derde sin vloei mooi enjambies oor in die vierde. Ek hou hiervan.
9. Ontduistering
Die Persiese kwatryn laat natuurlik spasie vir ‘n versameling vier lyn verse, wat aan dieselfde reëls voldoen. Jou aanbieding is ‘n voorbeeld. Dit word natuurlik moeiliker met meer as een kwatryn in die versameling. Ek het joune so beoordeel:
Een van die belangrikste reëls, buiten die rympatroon is die enjambiese oorvloei van lyn 3 in lyn 4. Jy het byvoorbeeld dubbelpunt punktuasie in van jou kwatryne ingespan en dit is nié enjambement nie. Ook is daar van vraagtekens in ander gebruik gemaak, waaroor ek dieselfde voorbehoud het. Dit is slegs jou derde strofe (kwatryn) wat aan al die voorskrifte voldoen. Goeie poging maar die reëls is ongelukkig nie nagekom nie.
18. Sterk stiltes
Alhoewel die Persiese kwatryn spasie laat vir meer as een vierlyn vers in ‘n versameling, word dieselfde reëls van elke kwatryn as individuele aanbieding van toepassing. Dit is slegs die derde strofe wat hieraan gehoor gee. Goeie poging maar die reëls in nie nagekom nie.
23. Storm
Jy het mooi gehoor gegee aan die opdrag. Die inhoud is keurig en die aanbieding is mooi.
SILWER
1. Sing, bliksem sing!
Die derde lyn behoort enjambies oor te vloei in lyn 4 in. Dit vra dus geen punktuasie daar nie. Jou vers sal steeds geslaagd wees sonder die komma. Ek moet egter streng merk en jou daarvoor diskwalifiseer.
2. ‘n Beter lewe
Jy het die opdrag mooi nagekom. Dankie vir jou deelname.
3. Ai tog
Ek hou van die komiese aanbieding. Jy het egter nagelaat om die 3de sin enjambies te laat oorvloei. Dit beteken: geen punktuasie nie. Ek moet daarom jou poging diskwalifiseer.
5. Drome in murasies
Jy het die opdrag mooi nagekom. Dankie vir jou deelname.
10. Pêrels vir die swyne
Jy het die opdrag tot die letter nagekom. Welgedaan. Die inhoud is ook stof tot nadenke.
11. Steeds pragtig
Die worsteling tussen skoonheid, dankbaarheid en die ingeperktheid van die menslike toestand woord mooi in jou kwatryn omskryf. Waak teen die gebruik van hoofletters in elke sin. Mooi gedoen.
12. Seën
As ek kritiek móét lewer sou ek voorstel jy vervang “van ‘n helmelhand” na “uit ‘n hemelhand”. Verder het ek net lof vir jou geslaagde kwatryn. Mooi gedoen.
13. Verlange
“Tors”!!!! Wat ‘n lieflike sinoniem vir “ondersteun”. Ek het dit lanklaas raakgelees. Ek weet nie of jou enjambiese oorvloei mooi geslaagd is nie, en verder, ontbreek ‘n mooi ritme in die laaste sin.
Ek wonder of nog ‘n beskrywende woord nie sou kon bydrae tot ‘n beter metrum nie?
14. Laaste tree
Hier is my uitdaging met jou kwatryn: Daar word gepraat van groot wens en groot versugting, die volta gebeur en die vers sluit met ‘n laaste tree oor die grens. Nou wil my brein aflei dat die grens verwys na dié wens maar dit word nooit duidelik wat dit sou behels nie. Jy het die opdrag uitgevoer, maar my voorbehoud bly.
15. Die ander soort moord
Dit is ‘n interessante onderwerp. Die sterk vergelyking tussen stilstuipe en moord is so kras-raak dat die leser op die plek bewus word van die waarheid daarin. Dit is natuurlik metafories maar skade wat dieper as die vel strek, en nie sigbare merke laat nie, word maklik ontken. Goeie kwatryn. Welgedaan.
21. Hemelblom
Ek dink die oordaad van neologismes en/of koppelings maak afbreek aan jou kwatryn. Persoonlik het ek die draad hierin verloor en verstaan nie al die nuanses nie.
22. ‘n Seeskulpverhaal
Die metrum hierin is nie die beste weergawe van wat dit kan wees nie. Die woorde wat lukraak gekoppel is dra nie by tot jou kwatryn nie.
24. Waar klaasvakie baljaar
Dit sal ‘n oulike kindervers wees. Opdrag uitgevoer. Dankie vir jou deelname.
25. Uit die as
Jy het geslaag deur van binnerym gebruik te maak. Jou kwatryn is pragtig. Welgedaan.
26. Die bome brand
Die kwatryn is nie nét geslaagd en mooi nie, dit is ook ‘n vindingryke aanbieding. Die volta lei tot ‘n onverwags en verrassende slot. Bravo!
27. tu me manques
Jou kwatryn is teer en lieflik. Die titel is subliem. Dankie vir die voetnota; dit maak die leser se werk makliker. Welgedaan.
GOUD
7. Die lente kom
Jy het artisties gehoor gegee aan die opdrag. Jou kwatryn is geslaagd en keurig.
8. misterieuse
Soos jou titel, is die vers vir my ook geheimsinnig. Die slot van jou vers maak nie vir my sin nie omdat ek nie die voltrekking met die ander inligting in verband kan bring nie. Dit is ‘n interpretasie-uitdaging en nié noodwendig ‘n aanbiedingsprobleem nie. Ek sou tog wóú weet wat die skrywer hiermee bedoel. As jy ‘n oomblik tyd het stuur asseblief vir my ‘n epos na inkmoderator@gmail.com.
16. vergeef om te vergeet
Die gebruik van “bewe” is so effe lomp en geyk, maar ek weet jy gebruik dit ter wille van jou rympatroon. Wat sou ‘n gepaste sinoniem wees wat ook kan inpas by jou patroon? Ek het probeer soek maar kry nie ‘n alternatief nie. Ek moet jou dus die voordeel gee. Jou kwatryn voldoen aan die voorskrifte. Mooi gedoen.
17. Hoe lank
Jou kwatryn is akademies korrek. Dankie vir jou deelname.
19. Songroet
Jou kwatryn is keurig. Dankie vir jou deelname.
20. Laaste asem
Geslaagd. Dankie vir jou deelname.
28. (Fok) liefde
Dankie vir jou deelname.
MENINGSTUK
1. Laat logika seëvier
Ek hou van jou sterk mening. Ek wil darem net sê dat Afrikaans NOOIT ‘n uitsluitlike blanke taal was nie want daar was selfs by die geboorte daarvan vele rasse en invloede betrokke. Die monument bied wye en genoegsame inligting oor die ontstaan van Afrikaans, vir hulle wat nou wil karring en blindelings die feite ignoreer. Mooi geskryf.
2. Die sagte wat ons het, die taal
Jou mening is sterk. Dankie vir jou deelname.
3. Eenheid in verskeidenheid
Jou meningstuk is sterk en keurig, maar ook versoenend. Die lees heerlik en is ontneem van venyn en kwaadwilligheid. Mooi geskryf.
4. Nee! vir ‘n nuwe naam
Jou meningstuk is keurig en met baie insig geskryf. Baie goeie aanbieding, dankie.
RUBRIEKE
1. My taal – my trots
Ek verstout my om te wonder of hierdie ‘n ware “verhaal” is. Indien wel, mooi gedoen. Dit is ‘n taal wat vibreer en konstant vernuwe. Ons moet egter onthou: Daar is ruimte vir formele én informele vorme en daarom is die puriste enig welkom soos elk ander woordsoldaat. Elke taal behoort gestruktureerde taaletiket te hê wat in woordeboeke en die akademie gebruik moet word, maar die daaglikse spreektaal het, of beter moet, ruimte hê om te ontwikkel. Jy het ‘n mooi aanbieding gemaak.
2. Afrikaans is ‘n lewendige, vernuwende taal
Alhoewel ek dink jou skrywe is raak en besonder het jy nie onderskei tussen wat ‘n rubriek en wat ‘n artikel is nie. Rubrieke is ‘n persoonlike mening of waarneming terwyl ‘n artikel spasie laat vir nagevorsde inligting soos jy hier gedoen het. Ek gaan jou genre flater hierdie keer oorsien maar onthou asseblief in die toekoms dat daar groot verskille tussen dié twee is. Jou aanbieding lees baie lekker. Dankie. Ek kan ongelukkig nie vir jou ‘n plekkie op die rubriek podium gee met ‘n artikel aanbieding nie.
3. Lekker bredie en dik snye boerbrood
Jou mening is sterk en mooi. Die bredie metafoor is baie meer raak as wat jy self besef. Mooi geskryf.
ARTIKELS
1. Kampvegters vir Afrikaans
Jou artikel is interessant. Jy kon dalk baat by addisionele naslaan bronne maar ek dink jy het tog jou punt suksesvol verdedig. Mooi gedoen.
2. Die geveg vir moedertaalonderrig
Jy het baie mooi omgegaan met hierdie artikel deur sorgvuldige en keurige navorsing. Ek wonder hoeveel Afrikaners weet dat die “vers” van CF Visser wat jy aangehaal het uit die oorspronklike “O, boereplaas” kom? Dit is natuurlike die derde vers daarin. Welgedaan dat jy dit uit die anale gaan haal het en weer met ons gedeel het. Pragtig, sorgvuldig en keurig.
VERHALE
1. Geduld, o geduld
Die slot is ongelooflik snaaks. Baie oulik vertel. Mooi gedoen.
2. Verskrikking van Juffrou Groffen van Molendolf
Jou storie in ongelooflik humoristies. Die ontwikkeling van die storie is onoortroffe. As jy ooit getwyfel het oor die genre waarin jy talent het, kan jy nou maar sekerheid hê. Die oorspronklikheid van die karakters en die name is lieflik. Baie, baie geluk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.