Jongste aktiwiteit:

Ons is merkwaardig (Brons)

(Vir Vrouedag)
Aantal woorde: 269

Dis Vrouedag, maar vir my voel dit presies dieselfde as enige ander normale dag. Niks besonders anders nie. Slegs die feit dat dit ’n publieke vakansiedag is en ek vanoggend nie (soos gewoonlik) vroeg uit die vere hoef te verreis om my kinders na die dorpskool te neem, heeldag in die dorp te moet wag, net sodat ek hulle na skool na hul onderskeie buitemuurs- en sportaktiwiteite rond te moet karwei (voordat ons saans moeg kan terug keer plaas toe) nie. Dis ysig koud vandag by ons en ek drink die son se warm strale, wat deur my kamervenster skyn, soos nectar op hier waar ek lê en ontspan en ek glo en hoop ook alle ander vroue wat in my skoene stap doen dieselfde. Ek wil net wees vandag. Ek wil net my batterye herlaai. Ek wil net kan asemhaal tussen die moderne lewe se gejaag en sonder-ophou-druk. Ons dra deesdae vele hoedens en staan vele skoene vol. Die druk is ook groot om die “perfekte” vrou, beroepsvrou en of ma te wees en ons vul vele rolle vir ons huisgesinne soos ma, ouma, vrou, vriendin, verpleegster, kok, skoonmaakster, kinderopvoeder, skeidsregter, trooster, kunstenaar, onderwyseres, kleremaakster, huurmotordrywer, raadgewer om net ’n paar te noem. Ons voel oorweldig, ons voel broos, maar ons voel ook gelief en ons is beslis baie sterker as wat ons in onsself glo. Ons maak die wêreld sagter, mooier, gevul met ons eie pragtige, unieke wese. Ek hoef net na die vrouens om my te kyk, familielede en vriendinne om die mooi en innerlike krag van hulle raak te sien. Ons is nogal merkwaardig.

© Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed