Ek onthou hoe vieslik jy gelyk het, ook hoe vieslik jy was.
Soms uit die bloute, dan kom maak jou reuk weer by my ’n draai. Soms sien ek die prentjie van jou verslonsde lyf wat voor my staan. Ek onthou hoe jou klere geskeur was jou bebloede oë die mengsels drank in jou asem jou stem het gestink jou vel het geblink jou woorde was hard […]
Jou naam word geskryf
Ek skryf jou naam tussen spoelklip en sand hoog teen die berg se skurwe wand daar waar see weerkaats op die strand trek ek dit krom met ‘n sirkel daarom Ek krap dit rof teen ‘n soetdoringbas waar reën dit nimmer af kan was verf dit op lap met ‘n horingou kwas repeteer dit dan […]
Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe omring van my woorde op die verbleikte papier die blou ink is gesmeer trane vlek al droog dit op daar is dinge in die lewe wat jy net moet verduur soos mense wat stink en mense wat dink hulle is perfek daar is ander harte ook gebreek ek weet die storie word al […]
Jy het nie huis toe gekom …
verlate sit ek vanaand met my voete in die sand die branders hou my geselskap ‘n seester in my hand in die verte brand die liggies van ‘n deinende tjokkaboot van hier so klein en amper fyn mens sou nie sê dis 6-man groot deur my vingers loop korrels sand soos die tyd deur ‘n […]
Dié eensame vrou
Soos die son sy sak, sak en die nag weer sy gesig kom wys. Kan ons vashou aan ‘n belofte, die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat, want Hy is tog dan ons Herder, wat ons elke dag en nag beskerm. ‘n Klomp duiwe kom dan gelyk af aarde toe gevlieg, van vêr doer […]
Afstand
Twee riviere loop paralle teen my wange af. Alles gebeur so vinnig. Dae vlieg, ure verdwyn in die niet. Reën loop in klein riviertjies dwarsoor my ruit. Alles gebeur so vinnig. Bosse gly verby en die pad krimp met elke sekonde. Elke nuwe kilometer skeur die gaping tussen ons weier oop.
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]
Seisoene van jou
Ek wil die sonskyn en selfs die reënbuie in jou proe selfs as die winter jou omvou wil ek jou vashou vroeg oggend soos die dou grou in jou oë verder as dit wil ek jou gaan haal in die heelal van jou siel daar waar die seisoene jou vorm en skaaf vat my hand […]
Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016