Jou naam word geskryf
Ek skryf jou naam tussen spoelklip en sand
hoog teen die berg se skurwe wand
daar waar see weerkaats op die strand
trek ek dit krom met ‘n sirkel daarom
Ek krap dit rof teen ‘n soetdoringbas
waar reën dit nimmer af kan was
verf dit op lap met ‘n horingou kwas
repeteer dit dan harder hierdie keer
Vleg dit grof met ‘n groen mielieblaar
ploeg dit skeef met geroesde ploegskaar
griffel dit teen ou murasie pilaar
hurkend met die wete..als is vergete
6 Kommentare
-
-
borrels
Ek hou sommer BAIE hiervan
-
neels claasen
Evelyn ek se nog altyd jy het n unieke talent en hierdie gedigte bewyys dit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Hierdie een kry regtig lewe voor my geestesoog... en ek hoop als bly nie vergete