Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: OGIESDRAAD HEININGS

Deur Louie
Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 Aantal woorde: 55 1508 Kere gelees 17

Die grondpad se stof roes op ogiesdraad heinings neer
gegom met die oggend se dou
terwyl my verbyry se stofstert
die son se opkoms stories berg in dou nat gras koeverte

Skinderstories word gebêre
vir more se lag-lag wakker word
waar my verbyry se stofstert handskud
met oopbek ogiesdrade wat langs die grondpad wag




TEMAS
6 Kommentaar
  1. neels

    4 Maart 2016

    hierdie is nou iets besonders loie

  2. Evelyn van der Merwe

    4 Maart 2016

    Jy besit die vermoë om lewe te gee aan iets wat meestal ongesiens verbygaan.

    waar my verbyry se stofstert handskud
    met oopbek ogiesdrade wat langs die grondpad wag

    Hierdie is voorwaar goed beskryf.

  3. Anria

    4 Maart 2016

    Ek is mal oor jou openingsreel.
    Baie goeie gedig.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 101
Kommentaar telling: 105

Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en dogter Katelyn. Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 137 gaste aanlyn

Bydraes – Argief