Hitte golwe oor die stofpad
Deur die bier in die glas
val die amber laaste
straal van die dag.
Deur die splinterglas
van my oë
knak die reënboog
weg van die daeraad.
Deur die sout van die lek in my oë
kwyn die beeld van jou silhouette
oor die kartelrand van die mirage
wat hittegolwe oor my stofpad trek
2 Kommentare
-
Anze
hier kan ek net se.. n groot WOW!!! puik gepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
waow Zym ek is mal oor hierdie een