DIE WINDPOMP HUIL – Hersien
Die windpomp het gister begin huil
en ek was nog te skaam om deur die drade
na sy staanplek te gaan dwaal
Ek weet sy stert is druipstyf teen sy staalkarkas getrek
en sy geroeste agterbly tand-lemme draai verbete
teen die aanslae van die wind
Sy watermurgpyp loop tot by die stukkende sementdam
verpletter deur tyd se fynkap hammers
en sy tong na die ondergrondse waterare lankal afgeroes
Groengras lê verdorre aan sy ysterstaanplekvoete
ek weet want die windjie het kom fluister
sy waterbron is ook verban
Hy staan en huil
sy trane in ritme met die aardse waterbloed vibrasies
wat onderdeur hom in die waterare spoel
Die windpomp huil
en ek is nog te skaam
om hom te vra waaroor hy kla…
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
sjoe Loiue hierdie een is n wenner