Jongste aktiwiteit:

BY DIE SEE GAAN SOEK NA JOU

Ek het vanoggend by gisteraand se uitspoeg van die see se oorskot goed
jou gaan soek en net die afval van die see op die strand ontmoet

Ek het tussen die loslopers van die oseaan se weggooigoed
beelde van jou in die vlak waterpoele tussen gebreekte skulpies lomp bly soek

Ek het vanoggend langs die vuil skuimrand van die oseaan se wasmasjien oorlooppype
visioene van jou lekker lag tussen ons gelaat begroet

Ek het agter jou aangedraf waar jy tussen die wit skim van die branders
vir my lag-lag speels gewaai het en terug gedros het na die oseaan

…miskien sal ek môre weer vir jou gaan soek
miskien sal ek in my bakkie klim en huis toe gaan
miskien sal ek opstap na die kliprand
waar ons name ingeëts lê teen die boggelkrans se wange
en jy gevra het vir ‘n huisie by die see…




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed