Winddroog
sout bly sout dit winddroog minute ure dae weke maande selfs jare soos bokkoms in ‘n bos (ek het jou laat los) gestring met ‘n onmiskenbare palet wat binnemonds kleef aan die verhemelte, die hart; hierdie jaar is skaars ‘n paar dae oud en pekel reeds teen my wang, ‘n dynserige voorskou waaraan laasjaar reste […]
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
Drome is bedrog …
as drome waar was, was jy nou hier by my en sou ek my teen jou bors kon vly as drome waar was het my oë geblink en sou my gedagtes vonkelwyn skink as drome waar was, was my hart nie seer en sou ek nie kon wag vir volgende keer as drome waar was, […]
Rooivlam
“Word wakker, word nou wakker!” skree Angelique vir haar man toe sy sien daar kom ‘n vreemde man by haar kamerdeur in terwyl sy en haar man slaap. “Word wakker, Johan, word nou wakker !” skree sy so effens harder toe die vreemde man al by die bed is, hy stap direk na Johan se […]
Digters Ink
Eens sterk vloeiend’ bloed van digters-ink verdamp dwaal tussen sterre, strepe- waai lettergreeploos tussen buite-ruim gloed Skêre van gister se onthou knip geheuebank kragtig kort woorde warrel woes en wild in ’n saamkoek oeroud web tydelik nou saam toegevou Geluide bly hol afwesig stene van diepdenk-mure wieg brokkelend-broos – as dit fyn-fyn verkrummel neerplof tussen […]
Woorde op ‘n servet
Katryn klap die veiligheidshek toe. Sy woorde hang in die lug, sy’t hulle gehoor, maar sy gaan nie hier staan dat hulle by haar ore verby kan seil in haar hart in nie. Sy stoot die voordeur toe en sien deur die venster sy gesig agter die tralies van die veiligheidshek. Hy bly staan, maar […]
Die volgende dag
… en die wolke Altocumulus in die hemelblou lug terwyl my hart skree van pyn want jy het my weggegee al weer en my mond glimlag want die wolke is so wit teen die hemelblou lug terwyl ek weet ek moet vandag mos eintlik al beter voel want vandag is die volgende dag na die […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
Flenter-woorde …
flenter-woorde vlieg verward in die duister rond brok-hart-stukke val verlate eensaam op die grond seerkry-sinne spoel versmorend deur my troebel hart yskou’ trane drup en tuimel oor my siel se smart
Jy was die redder van my …
Ek wou nie maar ek het weer oor jou ’n gedig geskryf maar ek gaan dit net halfhartig hier noem. Jy was vieslik en onredelik ek het genadiglik myself hieruit gered. (2016/02/18 @ Anria)