Flenter-woorde …
flenter-woorde
vlieg verward
in die duister
rond
brok-hart-stukke
val verlate
eensaam op die
grond
seerkry-sinne
spoel versmorend
deur my troebel
hart
yskou’ trane
drup en tuimel
oor my siel se
smart
6 Kommentare
-
-
Kiekies
Ai oeee jinnetjie tog, dis erg-seer en erg-pragtig!!
-
Evelyn van der Merwe
Dis asof elke woord traangevuld neergepen is. Jy laat die hartseer emosie hier seëvier. Knap gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Ek hou van die vloei van die gedig. Bietjie hartseer maar mooi.