Jongste aktiwiteit:

As somers winter braak

Hoe griffel jy as mens –
silwersoet herinnering,
as die vlymskerp dolk,
jou hartmuur binnedring.

Hoe vrysweef jy soos arend –
op wasem van wonderwolk,
as jou drome weer verbrokkel,
soos jy liefde krom vertolk.

Hoe loop jy die laaste myl –
as horisonne swart ontwaak,
oor verspilde kleurlentes,
wat in die somer winter braak.

Hoe vra jy genade van Bo –
uit Skepper se vry kelkhand,
wanneer jy alles opoffer,
om in Sy oorwinning te glo.

Hoe twyfel jy nietige mens –
kyk net na die mier se spens,
Hy sal wel die laaste myl,
tree vir tree saam verwyl




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed