Rooivlam
“Word wakker, word nou wakker!” skree Angelique vir haar man toe sy sien daar kom ‘n vreemde man by haar kamerdeur in terwyl sy en haar man slaap. “Word wakker, Johan, word nou wakker !” skree sy so effens harder toe die vreemde man al by die bed is, hy stap direk na Johan se kant toe. Die man haal ‘n skerp voorwerp uit sy lang swart jas se binne kant uit. Angelique begin huil. Toe die lem aan Johan raak spring hy op en ruk die rewolwer onder sy kussing uit en skiet ! “My vrou, hoekom huil jy ek is nog die heeltyd wakker.” Angelique kyk hom groot oog verbaas aan. “Nee heng, jy moet my nie so groot laat skrik nie Johan” sê Angelique kwaai. Die man met die swart jas lê plat op die grond. Johan staan op en kyk of hy nog lewe, hy drik sy hand in die vreemde man se nek en luister of hy ‘n hartklop voel.
“Ja hy lewe nog Angelique, hou op stres ek sal nie tronk toe gaan nie, ek is self ‘n polisie man en hy het ‘n hele paar wette oortree, dit was selfverdediging” Angelique skud net haar kop links en regs. “Jy weet Johan, net omdat jy ‘n polisie man is, beteken dit nie dat jy mag moord pleeg nie, niemand is hoër as die wet nie.” Johan gryp sy selfoon wat op sy bedkassie lê en sê:” Ja toe, hou op kla, ten minste het ek jou beskerm, as ek nie hier was nie wat dan?” Daar hang swaar gemoedere in die lug, Angelique weet sy moes eerder stil gebly het, want sodra sy praat dan stry hulle. “Goeie naand, dit is Kaptein Van Schalkwyk, ek soek nou dadelik die polisie en ambulans by my huis asseblief, ‘n inbreker lê hier wat gewond is” nadat hy gepraat het en hulle aanvaar sy opdrag sit hy die foon neer en stap badkamer se kant toe.
‘n Half uur later daag die ambulans eerste daar op, en toe die polisie, sommer tien van die karre. Die polisie man wat in die voorste polisie kar ry, klim eerste uit toe hulle stop. Nog voor die paramedics in die ambulans. Hy stap deur toe en klop aan die deur. Angelique maak oop. “Goeie naand dame, ek is opsoek na Kaptein Van Schalkwyk” versoek die polisie man vriendelik. “Ja seker, kom maar in hy sit daar in die sitkamer” antwoord Angelique en wys met haar wysvinger waar Johan sit. Johan staan op en ontmoet die polisie man halfpad. Hulle skud hand. “Kaptein Van Schalkwyk, goeie naand, ek is Sersant Fourie, kan u my asseblief vertel wat presies hier gebeur het, sodat ons dit so in die verslag kan skryf” vra Fourie toe hulle op die banke gaan sit in die sitkamer, Angelique bring vir hulle elkeen ‘n koppie koffie, sewe van die polisie karre ry toe Sersant Fourie die opdrag oor die hand radio aankondig.
Johan maak sy keel skoon. “Sersant, ek en my vrou het probeer slaap, ons altwee was nog wakker toe die man deur die badkamer venster klim, my vrou het gedink ek slaap, en ek wou dit so hou om haar veilig te hou. Toe kom die man by die kamer in, my vrou het geskree om my wakker te kry, ek kon die angs in haar stem hoor, en toe dreig hy om my met sy mes te steek, toe ek die lem in my nek voel, toe ruk ek my rewolwer onder my kussing uit en skiet hom, ek het die heeltyd op my maag gelê. Maar ek het seker gemaak ek skiet hom nie dood nie.” Fourie sit lekker en drink aan sy koffie toe hoor hulle die badkamer se venster breek.
“Pretorius, Van Wyk, gaan kyk nou dadelik wat gaan aan daar!” gee Fourie sy opdrag uit vir die polisie manne wat by die deur staan en soort van wag hou. “Dit is reg Kaptein Van Schalkwyk, ek sal dit so in my verslag skryf” sê Fourie tevrede. “Jou naam is Johan reg?” vra Fourie kort daarna. “Ja dit is korrek Sersant. Ek is Kaptein Johan Van Schalkwyk, van die Rietkloof polisie departement. Alfa, Echo, Bravo 213.” Fourie lyk geskok. “So ontvang” sê Fourie en staan op nadat hy sy koffie klaar gedrink het. “Jy is mos daai man wat laas jaar in Alberton daai reeks verkragter arresteer het?” vra die Sersant kort daarna. “Dis korrek Sersant, ons het daai saak 3 jaar lank ondersoek, maar het hom uiteindelik gevang” sê Johan trots.
“Sersant Fourie, kom vinnig, hier is 6 van hulle, hulle skiet op ons !” skree Pretorius oor die radio. Johan en Fourie gryp altwee hulle rewolwers en hardloop uit, toe hulle uit is sluit Angelique dadelik die deur agter hulle. Daar is nou 6 skelms en hulle is net vier, eers ‘n half uur later vang Johan en Fourie met die ander polisie manne op. Hulle kry vir Pretorius in Van der Merwe straat, Van Wyk is ook daar maar lê gewond in die straat, Van Wyk skuif homself eenkant toe uit die karre se pad. “Gaan kry die dekselse goed ek sal reg wees hier” smeek Van Wyk. Johan, Pretorius en Fourie hardloop verder agter die skelms aan, nou is hulle 3 teen 6. Terwyl hulle hardloop en opsoek is na die skurke versoek Fourie ‘n ambulans om uit te kom na Van der Merwe Straat waar Van Wyk gewond lê. “Polisie man gewond, polisie man gewond!” roep hy hard uit op die radio.
“Ag nee wat, ons soek nou al vir ‘n uur die hele dorp vol na die skurke, ons moet nou huiswaarts keer, hulle is klaar weg, ek sal die nag patrollie uitstuur om regdeur die nag te soek, en daar sal ook ‘n kar vol polisie manne by jou huis staan en wag hou Kaptein” belowe Fourie toe hulle omdraai en na Johan se huis se kant toe stap. “Baie baie dankie Kaptein, ek waardeer dit” sê Johan dankbaar en stap so effens vinniger.
Toe hulle by Johan se huis aankom groet hulle mekaar met die hand. “Dankie vir al jou moeite Sersant, ek sien u dan môre by die werk, totsiens Pretorius” Pretorius steek ook sy hand uit na Johan en hulle groet mekaar, in die polisie diens is hulle soos broers, Pretorius en Johan is al van hoërskool se dae af pelle. “Groot plesier Kaptein ons sien mekaar dan weer vroeg oggend” sê Fourie en klim by die polisie motor in, hy sluit hom ook intussen aan. Pretorius stap na die passasier se kant toe van die motor en klim ook een. Hulle almal sê nog een laaste totsiens toe ry Fourie en Pretorius.
Dit is vier uur in die oggend, die mis hang swaar in die lug want dit is winter, Angelique slaap vas en Johan sukkel om te slaap, hy probeer uitmaak wie is die mense wat hom en sy vrou die heeltyd wil bykom. En terwyl hy nog so lê en dink, begin sy foon te lui. “Goeie môre, Kaptein Van Schalkwyk wat praat” antwoord Johan, hy het klaar gesien dit is die werk so hy is wawyd wakker. “Goeie môre Johan, dit is Generaal Van Der Merwe, ek het ongelukkig slegte tyding” sê die man agter die foon met ‘n diep stem. “Ag nee, wat is dit Generaal?” vra Johan vol emosie, hartseer emosie. “Sersant Fourie, offisier Pretorius en Van Wyk is gisteraand oppad na hul huis vermoor. Wat eers gelyk het na ‘n ongeluk is nou ‘n moord, hulle is almal van die pad afgestoor, deur ‘n groot voertuig” antwoord die Generaal terug. “Ag nee, dit is my skuld, dit is daai mense wat ons probeer leed aan doen, ek is seker daarvan” dink Johan by homself. Hy vertel toe vir die Generaal wat gisteraand alles gebeur het by sy huis en dat dit vermoedelik dieselfde mense is wat vir Sersant Fourie, Van Wyk en Pretorius vermoor het
“Ek is rêrig jammer Generaal, dit is alles my skuld” sê Johan net voor hulle totsiens sê. “Nee, Johan, ons kan jou nie vir moord aankla nie, jy was nie daar toe dit alles gebeur het nie” verduidelik die Generaal. “Maar ek gaan jou hulp nodig hê om die moordenaars vas te trek, ons moet hulle vang binne sewe dae, voor die pers hiervan hoor, anders laat dit ons weer sleg lyk” sê die Generaal kort daarna. “Dit is reg Generaal, so ontvang, ek klim nou in die kar en begin dadelik aan die saak werk” sê Johan gretig. “Dankie Johan, ek sien jou oor ‘n half uur by die polisie kantoor” sê die Generaal. Hulle groet mekaar, Johan sit die foon neer, groet sy vrou, klim in die kar en ry werk toe. Halfpad kom Johan agter dat iemand besig is om hom te agtervolg, hy haal sy rewolwer uit, hang by die venster uit en begin skiet, hy mik vir die kar se bande. “Doef, doef, doef” vuur hy vier skote af, die laaste skoot tref net net die kar se band, die kar begin stadig ry en trek van die pad af. Dit gaan nie lank wees nie dan is die kar weer agter hom, want hy ruil net gou vinnig die bande om, dan is hy weer op die pad.
Johan besluit toe om ‘n ander pad te ry wat hy nie gewoonlik ry nie, want die man wat hom agtervolg weet natuurlik ook waarheen Johan oppad is. Hy draai links by die derde draai af, op die grondpad. “Dan is dit nog een draai reg, dan nog een kilometer en ek is by die kantore” dink Johan by homself, en gee meer gas, hy ry vinniger as gewoonlik, hy moet net, al is dit teen sy menslike beginsels. Dit is nie eers ‘n half uur nie toe stop Johan by die polisie kantore, Generaal Van Der Merwe se kar staan reeds by die kantoor parkeer. Toe hy hy by die stasie instap staan Generaal reeds vir hom daar en wag, Johan is bleek. “Iemand het jou ook agtervolg?” vra die Generaal toe hy Johan se hand skud en sien hoe bleek hy is. “Ja Generaal, ek het darem sy band raak geskiet toe moes hy aftrek, toe sit ek voet in die hoek en jaag omtrent tot hier, ek het vinniger gery as gewoonlik, en dit is eintlik teen my menslike beginsels” antwoord Johan terug.”Ons weet wie is die moordenaars, ons moet hulle net gaan arresteer, Speurder Jan Van Wyk het uitgevind wie hulle is, hy wou help, want Offisier Van Wyk wat ook vermoor is, is sy boetie, kom ons moet nou ry en hulle gaan arresteer, hulle gaan nie lank op een plek bly nie” sê die Generaal. Hulle albei stap by die deur uit en klim in die Generaal se kar, aangesien dié vinniger is, vir as hulle die moordenaars moet jaag. Hulle ry toe tot by die fabriek waar die moordenaars wegrkuip, toe hulle daar stop gee die moordenaars pad. “Hulle almal is op motorfiets, skiet hulle terywl ek bestuur, moet nie dood skiet nie, wond hulle net” sê die Generaal en begin jaag agter die ry motorfietse aan. “Doef” skiet Johan toe hul naby die eerste motorfiets kom, die man val van sy motorfiets af, daar is nog so drie motorfietse voor hulle. Generaal jaag tot langs die volgende een. “Doef, doef” skiet Johan weer en wond die ou lang hulle en die ou voor hom. “Nog net een !” sê die Generaal. Die motorfiets van die laaste man wat hulle moet vang is baie vinniger as die ander motorfietse. Maar die Generaal se Ferrari is nog vinniger, en binne enkele sekondes is hulle by die laaste motorfiets. “Skiet, skiet hom nou !” bevel die Generaal. Johan skiet maar mis die eerste keer. “Doef” skiet hy ‘n tweede keer, hy skiet die man wat die motorfiets bestuur in die arm, die man verloor beheer oor sy motorfiets en rol by ‘n nabye veld in, die res van die polisie is agter die Generaal en Johan besig om die ander wat reeds geskiet is te arresteer. Die Generaal stop die kar net daar, Johan hardloop uit in die veld want hy is bang die man hardloop weg, sy bene is nie gewond nie. Maar die man lê net daar in die veld, Johan hardloop na om toe, gee hom ‘n paar vuishou in die gesig en arresteer hom. Terwyl Johan besig is om die man te arresteer kom die Generaal agter hom aangestap, en wens hom geluk met die promose en arrestasie, Johan skuif nou een rank hoër.
©Kopiereg-Timothy De Vos Botha- Alle Regte Voorbehou (02 Feb 2016 11H55am)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.