Jongste aktiwiteit:

Eugene De Kok

Eugene De Kok sit voor die kaggelvuur, dis ‘n koel winter nag, hy verlang na sy vrou wat vier dae gelede oorlede is. Haar naam was Engela, sy is in hulle plaashuis vermoor, maar Eugene sit nou in sy woonstel in die dorp. Hy het sy eie woonstel hier in die dorp, Marais-stad. Hy is ook deel van die polisie diens in die dorp, maar is tans op betaalde verlof.

“Dalk moet ek eerder terug gaan werk toe, dan kan ek help om Engela se moordenaar vas te trek, ek weet in elk geval nie wie sou haar wou dood maak nie, sy was so dierbare engel vrou, ek mis haar baie” sê hy vir sy ma, Welma, oor de foon. “Ek weet nie of dit ‘n goeie idee is nie my kind, ek persoonlik dink jy het rus nodig, haar begrafnis is oor drie dae” antwoord Welma bekommerd terug. Nog weer

Eugene weer iets kon sê begin Welma weer gesels. “Maar jy’s nou al ‘n volwasse man, seun, jy kan al jou eie besluite maak, so besluit self wat is die beste vir jou, ek sal vir tyd en wyl na, Bianca, jou oulike dogtertjie kyk.” ‘n Traan rol oor Eugene se wang, Bianca laat hom so baie aan haar Engela dink, dit is hoekom haar tweede naam Engela is. Bianca Engela De Kok, het hulle haar vernoem, drie jaar terug toe sy gebore is.

Volgende dag bel Eugene sy ma om haar in te lig wat hy besluit het om te doen, hy stap sitkamer toe en gaan sit by die foon, nog een laaste keer dink hy weer na wat die regte keuse vir hom is. Na tien minute blyk dit hy het toe ‘n besluit geneem, drik sy ma se nommer op die telefoon in en bel. “Prr, prr, prr” lui die foon. Die foon lui omtrent so minuut lank toe is daar antwoord. “Hallo ma” antwoord Eugene eerste. “Helo baas Eugene, ne is nie jou ma nie, sy is da by die garden, ek gaan roep haar gou vir djou” sê Paulina, Welma se huishulp.

Na vyf minute toe antwoord Welma die foon. “Hallo my seun, hoe gaan dit vandag?” vra sy. Mens kan hoor die stofsuier word aangeskakel in die agtergrond. “Paulina, sit die dekselse ding af, jy kan mos nou sien ek is op die foon met my seun !” skree Welma vir Paulina en die stofsuier word afgeskakel. “Goed dankie ma, ek het toe ‘n besluit gemaak” antwoord Eugene bekommerd terug, hy begin sy naels kou. “Wat is die besluit wat jy gemaak het my seun?” vra Welma. “En hou op jou naels kou, ek het jou al honderd keer gesê” sê sy kort daarna. “Wel ma ek het besluit om eerder uit te rus, toe kry ek ‘n oproep van Kaptein Viljoen, hy het gesê hulle is op Engela se moordenaar se spoor, besig om hom te jaag, hy het ook gesê dat hulle my hulp kort, en gevra ek moet so gou moontlik in kom stasie toe.”

Welma sug in die agtergrond, die stofsuier word weer aangeskakel. “Deksels Paulina jy kan mos sien ek is nog op die foon!” Paulina skakel dadelik die stofsuier af en loop by die huis uit. “Wel my kind, as jy kan help en jy wil, gaan dan maar, ma sal nie vir jou kwaad wees nie” antwoor Welma vir Eugene terug. “Baie dankie ma, ek moet dan nou dadelik gaan, ek hou ma op hoogte” is sy terugvoer, hulle sê totsiens en Eugene sit eerste die foon neer.

Toe Eugene by die stasie ingestap kom roep Konstabel Fourie hom, na haar lessenaar toe. Hy gaan sit toe daar en sy begin saggies te gesels. “Ek fluister omrede jou vrou se moordenaar deel is van die polisie diens, hier in Marais-stad, nou op die oomblik in hierdie stasie” sê Konstabel Fourie. Eugene wil op spring maar Fourie keer hom. “So jy weet wie dit is?” vra Eugene vir Fourie. Sy antwoord terug:” Ja, maar jy sal my nie glo as ek jou sê nie, dis ‘n baie slim man, dit is hoekom daar solank gevat is om uit te vind wie die moordenaar is. Eugene gee een groot frons, hy vermoed dis sy beste pel, Sersant Pretorius, wat op ‘n tyd ‘n skelm verhouding met sy vrou, Engela gehad het, toe wil hy weer probeer toe wil sy nie,l nie toe skiet hy haar. Maar Eugene se vermoedens is verkeerd. “Kom nader ek wil iets in jou oor fluister” sê Konstabel Fourie. Eugene beweeg vorentoe met sy gesig en toe begin sy fluister. “Dis jou eie baas Kaptein Viljoen, hy is die moordenaar”

Eugene probeer hom in hou maar misluk, hy staan op stap reguit na die Kaptein se kantoor toe, maar hy is nie daar nie. Hy besef dat Viljoen nou weet dat hy weet Viljoen is die moordenaar. Eugene skree kliphard in die stasie terwyl hy uit hardloop:” Jy’t my vrou vermoor, ek gaan jou vrek skiet Viljoen!” Almal in die stasie kyk vir Eugene snaaks aan. Hy kom toe buite en sien dat Viljoen sopas in die kar klim, net daar ruk hy sy rewolwer uit. Hy mik direk vir Viljoen se kop maar ‘n ander polisie man duik vir Viljoen plat en die koel mis vir Viljoen. Die res van die polisie manne wat daar staan stap na Viljoen se kar toe en arresteer hom vir moord. Die polisie man wat vir Eugene gedui het, arresteer ook vir Eugene, vir poging tot moord. Die volgende maand is VIljoen skuldi bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis, Eugene is ook skuldig bevind vir poging tot moord maar hy het ‘n baie ligte straf gekry, hy word net onder huisares geplaas.

©Timothy 2015 06H05pm




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed