Hoërskool Spookasem se 89′ reunie…
Jannie skrik effens beneek wakker, vanaand is dit die reunie van sy hoërskool vir die studente wat in 89′ gematrikuleer het. Hy dink weer aan Gerda’tjie. “Oe sy het darem altyd pragtig gelyk met daai blonde hare en blou oë van haar” sê hy vir sy ma toe sy vir Jannie ontbyt in die bed bring.
“Ek wonder of sy daar gaan wees?” vra hy vir sy ma. “Nee, ek weet nie my kind, jy was maar jou hele hoërskool loopbaan deur verlief op daai mêrrie” antwoord tannie Stella terug toe sy weer by Jannie se kamerdeur uitstap. “Man, dit sal mos nou perfek wees as iets moet gebeur by die reunie en sy is daar, dan kan ek mos die hero speel” dink Jannie weer by homself.
Terwyl Jannie sy ontbyt geniet sit hy agter die rekenaar, hy kyk na al die kiekies van doerie tyd, en hy verlang omtrent na die goeie ou dae. “As mens net die tyd kon terugdraai” dink hy weer by homself.
Daai middag drie uur stop Jannie eers by Johan, sy beste pel van hoërskool dae af, se huis. “Middag maat, so hier is die plan, ek gaan omtrent so tien ouens kry en dan terwyl die reunie aan is, gaan hulle almal “roof” dan sodra een van hulle vir Gerda gryp spring jy in en moker hom, die res hol weg, en ek sal reel dat niemand jou iets aan doen nie, dan is jy die hero in haar oë vir altyd.”
“Awesome dis ‘n goeie plan, thanx my maat” antwoord Jannie terug terwyl hulle uitstap en Jannie op sy motorfiets klim. “Jy kan vir my dankie sê, vanaand wanneer julle twee lepellê, oe la la..”
Spot Johan. Jannie lag net en ry huis toe om reg te maak vir die reunie wat ses uur begin. Hy mag nie laat wees nie, hy wil sien as Gerda daar ingestap kom.
Ses uur breek toe aan en Jannie is seker al tien minute by die skool, die plek is so mooi versier Jannie erken dit skaars. Tien oor ses toe stap Johan daar in. “Jy is omrent uitgevat vanaand broer” begin Johan weer terg, toe hy langs Jannie kom staan. “Ja wel, ek gaan vanaand my droomvrou se hart wen” antwoord Jannie terug en hulle stap skoolsaal toe waar die hele partytjie vanaand plaas vind.
“Nou toe kom ons sit net hier, amper reg voor die ingang, sodat jy kan sien wanneer sy ingestap kom by daai deur” terg Johan weer, hulle gaan sit by ‘n tafel naby die deur. “Sê nou sy het al vier kinders?” vra Johan spottend terwyl hy en Jannie sit en gesels. “Sjoe, ek glo darem nie” antwoord Jannie terug.
Twintig oor ses toe kom Gerda by die deur ingestap. “Sjoe maar sy het omtrent groot geword” sê Johan terwyl Jannie net daar sit met ‘n mond vol tande en glimlag. “Ja, sowaar broer” is al wat Jannie terug antwoord. Jannie staan op en gaan stel hom voor aan haar net soos in die ou dae.
Die heel aand lank gesels Gerda en Jannie te lekker, dit lyk of sy klaar putty in Jannie se hande is. Kwart voor sewe toe kom Johan na Jannie toe gestap. “Broer, daai manne kom sewe uur hier aan, onthou ons plan” fluister Johan in Jannie se oor. “Ja, ek onthou maat, maar ek dink nie dis meer nodig nie” antwoord Jannie terug.
“Hoe bedoel jy dis nie meer nodig nie? Ek het hulle klaar betaal!” sê-vra Johan. “Nou maar goed, maar niks mag met haar gebeur nie neh!” bevel Jannie. “Niks sal gebeur met haar nie Jannie, ek het als onder beheer, gaan ontspan maar verder saam met haar” stel Johan vir Jannie gerus, Jannie gaan sit toe weer by Gerda en wag vir die bom om te ontplof.
Sewe uur breek toe aan en die manne kom daar ingestorm met geweer, net soos dit beplan is. Almal in die saal haal hulle beursies uit en gee dit vir die “rowers” en Jannie staan voor Gerda sodat sy nie raak geskiet word, as hulle dalk besluit om te skiet nie.
Een rower kom toe agter Jannie in en gryp vir Gerda. “Nee!! Los haar!” skree Jannie en die rower haal sy pistool uit en skiet vir Jannie, yskoud morsdood! Almal hardloop uit die saal uit, jhulle het vir Gerda gelos en op die grond neer gegooi, sy lê net daar langs Jannie, in sy bloed wat die hele saal vol lê. “Ek is lief vir jou Jannie, ek was nog altyd lief vir jou” bieg Gerda wyl die ambulans en paramedics daar aankom.
©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou 2015/11/06 09:45vm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.